Vrou se liggam in begraafplaas gevind
Illustrasie foto: Unsplah

UPINGTON- ‘n Intensiewe soektog is geloodsdeur die polisie op Rosedale, buite Upington in die ZF Mcgawu-distrik na die gru-moord op ‘n 27-jarige vrou.

Die lyk van die slagoffer is gistermiddag in die Morning Glory Graveyard, ontdek deur ‘n verbyganger wat daarna die polisie gewaarsku het.

‘n Woordvoerder vir die polisie in die provinsie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê ‘n voorlopige ondersoeke toon dat die slagoffer seksueel aangerand en verwurg is.

“Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie en die polisie is op soek na Niklaas Van Wyk wat die polisie kan help met die  ondersoek,” het Ramatseba gesê.

Enige persoon met inligting word vriendelik versoek om kontak te maak met die polisie by die volgende nommer: 079 850 7790. Inligting sal streng en vertroulik hanteer word.

Die ondersoek duur steeds voort.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *