VIDEO & GALLERY – #OPBOK Straatkarnaval maak gereed vir pret en plesier
Springbok is in rep en roer vir die #OPBOK Straatkarnaval. Fotos: Jason Milford

Voortrekkerstraat op Springbok is vroeg vanoggend reeds gesluit vir die opwindende #OPBOK Straatkarnaval wat vandag gaan plaasvind.

Plaaslike besighede, organiseerders en vrywilligers by die Hoërskool Namakwaland het reeds begin om skouer aan die wiel te sit om die perfekte geselligheid te verseker.

Dié straatkarnaval se doel is om fondse te genereer wat teruggeploeg word in die gemeenskap.

Kunstenaars wat vanaand sal optree sluit in: Jimmy Newman, Bryan Arundel, Armand Steenkam en Real 4 Real.

Vir enige verdere navrae en om nog kaartjies te koop, kan Hermien Prinsloo gekontak word by 0829096609.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *