18-Jarige man vroetel glo met minderjarige seuns
Illustrasie foto: Michał Parzuchowski on Unsplash

’n 18-jarige man is Vrydag deur die polisie op Postmasburg in hegtenis geneem nadat hy glo drie seuns verkrag het.

’n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê drie seuns, een van agt-en twee seuns, albei nege jaar oud was blykbaar die slagoffers.

Na bewering het die drie kinders in ’n straat gespeel, nie vêr van die verdagte se informele woning nie.

“Hy het die kinders geroep en hulle glo met ’n mes gedreig voordat hy die seuns seksueel aangerand het.”

Ramatseba het gesê dit blyk asof die slagoffers reeds oor ’n onbepaalde tydperk deur die beweerde verdagte verkrag word.

Hy sê die polisie doen ’n beroep op die publiek om na vore te kom indien daar ander kinders is wat moontlik deur die verdagte seksueel gemolesteer is.

Die ondersoekbeampte by die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe kan gekontak word by 082 454 3643.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *