Gewapende rowers loop hul rieme styf
Illustrasie foto: Ryan on Unsplash

KATHU: Die polisie op Kathu het gisteroggend twee gewapende rowers in hegtenis geneem nadat die Pep-winkels beroof is.

’n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het die voorval bevestig.

Ramatseba het gesê die winkel is omstreeks 08:40 deur die twee verdagtes beroof. Die verdagtes het na bewering enkele skote afgevuur en geen beserings is aangemeld nie.

Hy sê die aankeer van die gewapende rowers was ’n gesamentlike poging van die Kathu polisie en Rhino Security.

“ ’n Ongelisensieërde vuurwapen met ammunisie, ’n aansienlike hoeveelheid kontant en kabelbande is in die verdagtes se besit gevind.”

Ramatseba het ook bevestig die twee verdagtes van 26 en 28-jaar oud is van Dikgweng buite Kuruman.

Hy sê die gebiedshoof van die polisie het die ondersteuning van die sekuriteitsmaatskappy verwelkom.

Die twee gewapende rowers sal na verwagting op Maandag, 11 November in die Kathu-landdroshof verskyn.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *