Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Alexanderbaai oor drie jaar munisipale dorp
Signing-transitional

Die Richtersveld munisipaliteit sal binne 36 maande beheer neem oor die myndorp Alexanderbaai.
So sê Monwabisi Nkompela, ‘n woordvoerder in die Noord-Kaap premier se kantoor.

Dit kom nadat die Richtersveld-gemeenskap in 2007 ‘n grondeise ingedien het vir die dorp wat gelei het tot ‘n akte van skikking wat gemaak is op bevel van die Grondeisehof, het Nkompela gesê.

Hy sê die hof het gelas dat die gebied tot ‘n dorp verklaar moet word en die infrastruktuur moet opgegradeer word.
“In 2012 het Alexkor die infrastruktuur opgradeer en die minister van samewerkende regering het die dorp dienooreenkomstig verklaar en die munisipaliteit sou nou die dienste kon oorneem.”

Nkompela sê verder dat die munisipaliteit en Alexkor het ‘n ooreenkoms aangegaan dat die oorgangsreëlings vir die oorhandiging eers oor 36 maande tussen die partye sal geskeid.

“Dit is om te verseker dat die munisipaliteit nie benadeel word met die lewering van dienste aan al sy burgers in die omgewing.”

Hierdie oorgangsooreenkoms sal die munisipaliteit die geleentheid bied om die omvang en koste verbonde aan dienste te verstaan en ook die geleentheid om konsultasies uit te voer met die publiek en om betrokke te raak by belanghebbendes om die gebied as ‘n mynstad te registreer.

“President Cyril Ramaphosa het ‘n distrikskoördineringsmodel van stapel gestuur, en as weg vir implementering, is dit ooreengekom dat die Namakwa distriksmunisipaliteit ‘n sentrale rol gaan speel om rigting aan te wys vir die partye,” het Nkompela gesê.

Die direkteur-generaal in die kantoor van die premier, Justice Bekebeke, het ‘n bestuurskomitee gestig wat die vordering met die oorgang sal fasiliteer.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES