Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Ontrekking van SASSA-toelaes aangekondig
SASSA logo: www.sassa.gov.za

Die Suid Afrikaanse Sosiale Sekerheids Agentskap (SASSA) het vroeër aangekondig dat die dae van betalings vir die laaste maand van 2019 asook die eerste maand van 2020 gaan verander.

Vir die maand Desember, gaan die toelaes beskikbaar wees vir ontrekking vanaf Donderdag 28 November.

SASSA het ook gesê dat Januarie 2020 toelaes beskikbaar sal wees vir ontrekkings vanaf Dinsdag 31 Desember 2019.

SASSA sy hy vra om verskoning vir enige ongerief wat die veranderinge in datums van onttrekking mag veroorsaak.

Vir meer inligting kan SASSA se kliëntediens geskakel word by 012 400 2322 of die tolvrye nommer 0800 60 10 11.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *