Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

OPVOLG: Dagga-kweekhuis toe meer as ‘n miljoen-rand werd
Dagga wat by die kweekhuis gekonfiskeer was. Foto: Verskaf.

In die Valke se nuutste verklaring rondom die Eureka-kweekhuis, lui dit dat toerusting wat gekonfiskeer is, se waarde meer as ‘n R1 miljoen beloop.

Twee vroue is in hierdie verband in hegtenis geneem.

In ‘n vorige verklaring is die waarde van die aanlegte en toerusting aangedui as sowat R 40 000.

‘n Woordvoerder vir die Valke, Nomthandazo Mnisi sê die hidroponiese dagga-laboratorium van meer as ‘n miljoen rand is verlede week tydens ‘n soek- en beslagleggingsoperasie op die plaas Eureka naby Garies afgebreek, wat tot gevolg gehad het dat twee verdagtes in hegtenis geneem is.

Carolina Lombard (56) en Huilbrecht Cilliers (50) het daarna op Woensdag, 6 November 2019 in die Springbok-landdroshof ‘n kort verskyning gemaak vir die bedryf van ‘n volwaardige hidroponiese dagga-laboratorium waar hulle na bewering cannabisprodukte gekweek en geproduseer het.

Die duo is gearresteer tydens ‘n intelligensiegedrewe operasie wat bestaan ​​het uit die Valke se ernstige georganiseerde misdaadondersoekspan, Springbok K9, misdaadintelligensie en die plaaslike kriminele rekord sentrum (LCRC) op 05 November.

Met die soektog op die perseel is cannabisplante, olie, chemikalieë en toerusting ter waarde van meer as R1 miljoen ontdek.

Dit sal nou aan verdere ontleding onderwerp word.

Die beskuldigdes is elk op borgtog van R1 000,00 ​​en die saak is tot 5 Desember 2019 uitgestel vir verdere ondersoek.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *