Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Reeksverkragter op 34 verskillende klagtes skuldig bevind
Illustrasie foto: Luis Galvez on Unsplash

’n Reeksverkragter, Ndumiso Giyani is gister in die Kimberley hooggeregshof op 34 verskillende klagtes skuldig bevind.

‘n Provinsiale woordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê Giyani is op 14 klagte van verkragting, 12 klagte van roof met verswarende omstandighede, twee klagte van poging tot verkragting en ses klagte van ontvoering skuldig bevind.

“Die beskuldigde is op altesaam 34 klagtes skuldig bevind.”

Die saak is egter tot 25 en 26 November uitgestel vir die impak-verklarings van die slagoffers, asook die vonnisoplegging.

Giyani bly in aanhouding tot sy volgende hofdatum.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *