Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Mothibistad-man gearresteer vir dwelmhandel
Illustrasie Foto: Robert Baker on Unsplash
Lede van die Mothibistad polisie en John Taolo Gaetsewe misdaadintelligensie het vroeër vandeesweek ‘n 34-jarige man in hegtenis geneem vir dwelmhandel.
‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba sê die man is op die Kagung-dorp buite Mothibistad vasgekeer toe die inligting opgevolg is oor beweerde handel in dagga.
Die verdagte se huis is deursoek en sowat 1.8 kg dagga met ‘n beraamde straatwaarde van R9 100 is gevind.
“Die bevelvoerder van die polisiegroep, Majoor-Generaal Johan Bean het die Mothibistad polisie en die JTG misdaadintelligensie geloof vir hul toewyding om dwelmhandelaars in die area vas te trek.”
Die verdagte sal binnekort in die Mothibistad landdroshof verskyn.
Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES