Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Twee vas vir die vervaardiging van vervalsde geld
illustrasie foto: Jason Milford

DE AAR – Die polisie hiér het twee mans in hegtenis geneem vir die besit en vervaardiging van vermeende vervalsde geld.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba sê die polisie het reeds op 14 Oktober inligting opgevolg en beslag gelê op vervaardigingstoerusting.

“Vervalsde R100-geldnote is ook gevind nadat die polisie die huis van die verdagtes in Barcelona, ​​De Aar deursoek het.”

Lees ook: Projekbestuurder in tronk vir korrupsie

Die verdagtes, 25 en 27 jaar oud, het ook reeds in Oktober in die De Aar-distrikshof verskyn en hul saak is tot Desember uitgestel.

Albei verdagtes is op borgtog van R300 vrygelaat.

Ramatseba sê die publiek en veral die sakegemeenskap word versoek om waaksaam te wees om nie slagoffers van vervalsde geld te wees nie.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES