Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Vier mans vas vir veediefstal
Illustrasie foto: Tanner Yould on Unsplash
Die Kuruman polisie se veediefstal, John Taolo Gaetsewe (JTG) snelwegpatrollie en Kuruman honde-eenhede het vroeër vandeesweek vier mans tussen die ouderdomme van 25 en 41-jaar oud in hegtenis geneem vir veediefstal.
Brigadier Mohale Ramatseba, ‘n woordvoerder vir die polisie het gesê die polisie het die plaas Dada Game besoek, nadat dit aan die lig gekom het dat daar gesteelde skape wei.
“Tydens die soektog is 29 skape ter waarde van R70 000 gevind,” het Ramatseba gesê.
Die vier verdagtes is deur die polisie ondervra en is onmiddelik in hegtenis geneem toe hulle misluk het om duidelikheid te gee oor waar die vee vandaan kom.
“Die vier sal binnekort op die aanklagte van veediefstal in die Kuruman landdroshof verskyn.”
Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES