Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Storie van hoop op die stortingsterrein

‘n Paartjie wat mekaar op die munisipale stortingsterrein, net buite Bergsig, ontmoet het wil nou in die huwelik tree.

Gideon Tau en Wendy van Zyl het mekaar reeds drie jaar gelede hier ontmoet en het daagliks deur herwinbare materiale gesif om ‘n bestaan te maak.

Die twee het verlief geword en het besluit om saam nes te maak. Hulle het ‘n informele struktuur op die stortingsterrein opgerig wat hulle “huis” genoem het.

Die stortingsterrein huisves ook 22 ander gesinne.

Tau en van Zyl het ook reeds drie maande gelede besluit om ‘n dwelmvrye lewe te lei- en het summier skouer aan die wiel gesit om dwelmmisbruik te staak.

Tau is ‘n sanger, kan die klavier speel en beskik oor ‘n bosbou-sertifikaat.

‘n Toevoeging tot sy talente, kan hy ook kunstande vervaardig.

“Ek wil baie graag ‘n verpleegster word,” het van Zyl aan Radio NFM Nuus gesê.

Plaaslike pastore Peter Diomo, Andy Brandt en sy vrou Sharlene, het gereeld besoeke afgelê op die stortingsterrein as deel van kerk se uitreiking na haweloses.

Tau en van Zyl se troue vind heel moontlik plaas op Sondag, 24 November.

Intussen word daar ‘n beroep gedoen op die gemeenskap om die twee te help om hul dag spesiaal te maak.

Die volgende sal benodig word om die troue te laat gebeur:

Van Zyl benodig ‘n ruiker.

Dan word daar ook twee rokke benodig vir die strooimeisies en twee uitrustings vir die twee strooijonkers.

Verdere benodighede is ‘n troukoek, ringe, dècor vir die onthaal, druiwesap, koeldrank, kos, vrugte, blomme, twee troukarre, kamera man en videograaf.

Om hul huweliksnag onvergeetlik te maak, sal ‘n nag in ‘n gaste huis dit nog meer spesiaal maak.

Enige navrae kan gerig word aan Radio NFM by 027 7144 1610 of per epos: info@radionfm.co.za – of via whatsapp: 082 356 4862

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES