Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Immigrasie-beampte op Springbok gevonnis vir korrupsie
illustrasie foto: Jason Milford

SPRINGBOK: ‘n Immigrasie-beampte van die departement van binnelandse sake is onlangs deur die Springbok-streekhof tot 2 jaar gevangenisstraf of ‘n boete van R30 000 gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan korrupsie.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba sê die beskuldigde, Readwell Koko, is skuldig bevind aan korrupsie en die oortreding van die Immigrasiewet.

Ramatseba sê sy skuldigbevinding volg op ‘n geheime operasie deur lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid.

“Die beampte was onder die polisie se radar terwyl hy sy korrupte-aktiwiteite op Vioolsdrift se grenspos uitgevoer het.”

Die beskuldigde is ook ‘n verdere drie jaar gevangenisstraf opgelê omdat hy die Immigrasiewet oortree het wat vir vyf jaar opgeskort is.

Generaal Joey Kers, die provinsiale hoof van misdaadintelligensie, het lede toegejuig wat die beskuldigde se korrupte aktiwiteite ontbloot het, het Ramatseba gesê.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *