Verkragter en bedrieër vas op 20 klagtes
Randall Hughes. Foto: Verskaf

‘n 51-Jarige man is verlede week in die Kimberley landdroshof skuldig bevind aan verskeie klagtes, insluitend verkragting.

Randall Hughes is Donderdag, 14 November op 20 aanklagtes skuldig bevind vir ontvoering, diefstal van motorvoertuie, roof, verkragting en die besit van gesteelde eiendom.

‘n Provinsiale woordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê Hughes het tussen 6 April en 28 Junie 2015 in Kimberley al hierdie misdrywes.

“Die goue Toyota Corolla wat hy vir die pleging van hierdie misdade gebruik het, is in die Wes-Kaap gesteel,” het Ramatseba gesê.

Ramatseba sê tydens die verskeie kriminele aktiwiteite het Hughes voorgegee dat hy ‘n ‘barmhartige samaritaan’ is en saamrygeleenthede aan vroue met die goue Toyota Corolla aangebied.

“Die polisie het ‘n aantal selfone en persoonlike besittings van klaers by Hughes se huis gevind tydens ‘n soektog wat op 22 Junie 2015 uitgevoer is.”

Hughes bly in aanhouding vir sy vonnisoplegging wat geskeduleer is vir Desember.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *