NUUSFLITS: Meisie-leerder steek ander leerder dood by skool
Illustrasie foto: Chen Feng on Unsplash

Die Noord-Kaap is wéér in rou gedompel nadat ‘n graad-8 meise vanoggend by die Rosendal Intermediêre Skool op Upington met ‘n mes doodgesteek is deur ‘n medeleerder.

‘n Woordvoerder vir die department van onderwys, Geoffrey van der Merwe het gesê die departement is diep besorg oor die jongste voorval wat plaasgevind het by die skool.

“Op hierdie stadium is ons nie seker wat die voorval veroorsaak het nie, maar ons distrikskantoor ondersoek die saak,” het van der Merwe gesê.

Die vermeende oortreder het ‘n skorsingsbrief ontvang, afhangende van die uitkoms van ‘n tugverhoor en sal geïsoleer word.

Hy het gesê die beskuldigde leerder sal voortgaan om haar eksamen onder toesig af te lê.

“Die departement het ondersteuningsdienste vir werknemers om beradingsessies vir die opvoeders en leerders wat direk geraak word, ontplooi.”

Van der Merwe het verder gesê die distrikskantoor sal voortaan die situasie monitor.

“Skole is ‘n spieëlbeeld van ons samelewing en dit is ons seer om te sien dat skole ‘n oorlogsone geword het waar leerders gemeenskapskwessies met mekaar afhandel.”

“Ons doen ‘n beroep op die breër gemeenskap van Upington om met ons saam te werk om veiliger skole te stig, veiliger huise en veiliger gemeenskappe.”

Die polisie kon egter nog nie kommentaar lewer oor die voorval nie.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *