OPVOLG: LUISTER: Tiener doodgesteek by laerskool
Illustrasie foto: by Javardh on Unsplash

Die polisie in Rosedale Upington ondersoek ‘n moord nadat ‘n 16-jarige meisie-leerder na bewering ‘n ander 14-jarige meisie-leerder met ‘n mes in die bors gesteek het.

‘n Provinsiale woordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig die voorval het na 07:00 vanoggend plaasgevind by ‘n laerskool in Rosedale.

Ramatseba het gesê die slagoffer is per ambulans vir mediese behandeling vervoer en het aan haar beserings beswyk op pad hospitaal toe.

“Geen arrestasie is tot dusver gedoen nie en die ondersoek duur voort.”

Intussen het die Noord-Kaapse departement van onderwys dié voorval ten sterkste veroordeel.

‘n Woordvoerder vir die departement, Geoffrey van der Merwe het gesê die distrikskantoor vir onderwys is tans besig om te ondersoek.

“Die onderwysers en leerders wat die voorval aanskou het, ontvang tans berading,” het van der Merwe gesê.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *