Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Diensverskaffer vas vir R1 miljoen se bedrog
Illustrasie foto: Jason Milford

‘n 40-Jarige man wat Dinsdag in hegtenis geneem is vir bedrog, is gister op R20 000 borgtog vrygelaat nadat hy vlugtig in die Kimberley landdroshof verskyn het.

Die Valke in die Noord-Kaap het die beskuldigde, Lesego Stephens Mphake in hegtenis geneem omdat hy glo die provinsiale departement van sport, kuns en kultuur uit R1 miljoen bedrieg het.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die Valke, Nomthandazo Mnisi het gesê Mphake was in Desember 2016 veronderstel om ‘n Umsobomvu Jeugfees op Colesburg aan te bied, maar dat die geleentheid nooit plaasgevind het nie.

Mnisi sê ‘n transaksie is gedoen met die diensverskaffer vir ‘n diens wat nie gelewer is nie en die departement het ‘n verlies van R1 miljoen gely.

Die saak is daarna verwys na die ernstige ondersoeke-eenheid van die Valke vir ondersoeke wat daartoe gelei het dat die verdagte op Dinsdag 19 November gearresteer is.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES