Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Namakwa-boere kry koopbewyse as droogtehulp
Illustrasie foto: Verskaf

Die Noord-Kaapse departement van landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling, omgewing en natuurbewaring is alreeds vanaf Maandag besig om hulp te verleen aan boere in die droogtegeteisterde Namakwa distrik.

Dit kom nadat die adjunkpresident, David Mabuza en die minister van Landbou, Thoko Didiza, die provinsie gedurende die jaar besoek het om die droogtevlak te ondersoek.

Tydens die besoek het die adjunkpresident aangekondig dat die provinsie R30 miljoen beskikbaar sou stel vir die droogtehulpprogram en die landbou se streekskantore het die mandaat gekry om die lys van boere wat in nood verkeer, te konsolideer.

”Ek is bly om aan te kondig dat ons nou gereed is om die program in die droogte-areas van Namakwa uit te voer. Na die konsolidering van die boerelys in die streek, kan ek met veiligheid sê dat boere in Namakwa vanaf Maandag 18 November 2019 koopbewyse ontvang. Ons hoop om die program tot 29 November 2019 in daardie omgewing uit te voer,” het die LUR Nomandla Bloem gesê.

Die aansoeke is sedertdien vir Namakwa gesluit.

Die uitdeel van koopbewyse in die Namakwa-distrik was gister op Buffelsrivier. Dié koopbewyse is reeds vroeër gisteroggend op Komaggas versprei.

Môre, 22 November, sal koopbewyse versprei word bydie Vioolsdrift Dienspunt en die Goodhouse gemeenskapsaal om 9uur.

Henkries plaas sal hul koopbewyse vanaf 14:00 Vrydag-middag ontvang.

Springbok en Carolusberg sal ook om 14:00 ontvang by voorligtingskantoor.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES