Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Drie lyke in kanaal gevind
Mariana Pieters was 'n graad 4 leerder. Foto: Facebook

UPINGTON – Die polisie op Louisvale net buite Upington ondersoek die raaiselagtige ontdekking van drie liggame in ‘n kanaal.

Die liggame van ‘n 11-jarige meisie en ‘n 20-jarige vrou is op Sondag 18 November- en die liggaam van ‘n 22-jarige man is op Maandag 19 November in die kanaal gevind.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het die voorvalle bevestig.

Ramatseba sê daar word vermoed dat die drie verdrink het en dat die ondersoek voortduur.

Die polisie 0p Upington doen ‘n beroep op enige persoon met enige inligting wat kan help met die ondersoek om die ondersoekbeampte by die volgende nommers te kontak: 082 5280 950 / 054 3373 434.

Intussen het sleutelbordkrygers op sosiale media laat hoor dat gemene spel vermoed word rondom die trio se dood.

Volgens die inligting is die 11-jarige meisie, Mariana Pieters ‘n graad 4 leerder. Die 20-jarige vrou was glo haar suster.

Die 22-jarige man en die 20-jarige vrou was glo in ‘n verhouding.

Die polisie het egter geen gemene spel bevestig nie, maar sleutelbordkrygers beskou die trio se dood as raaiselagtig.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *