Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Tiener moordbeskuldigde in hegtenis
Athleen van Wyk is eergister in die onderhoof se kantoor doodgesteek by 'n laerskool in Rosedale naby Upington. Foto: Facebook

Die polisie op Rosedale naby Upington het intussen die tienermeisie moordverdagte in hegtenis geneem nadat sy vermoedelik ‘n ander 14-jarige meisie doodgesteek het.

Luidens berigte het die steekvoorval in die adjunkhoof se kantoor plaasgevind by die laerskool in Rosedale.

Dit het intussen in die lig gekom dat die oorledene Athleen van Wyk is, en dat haar familie vasbeslote is om die antwoorde te kry wat na haar dood gelei het.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba sê die saak word ondersoek nadat die 14-jarige eergister, 20 November met ‘n mes in die bors gesteek is.

Die slagoffer is per ambulans vervoer en het aan haar beserings beswyk op pad hospitaal toe.

“Die verdagte is gearresteer en is tans in ‘n plek van veiligheid. Die verdagte sal deur ‘n proefbeampte beoordeel word vir ‘n voorverhoor en sal daarna voor die hof verskyn,” het Ramatseba gesê.

Die ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *