Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Troue van stortingsterrein paartjie voorlopig uitgestel
Wendy van Zyl and Gideon Tau. Foto: Bernadine Hearn

Gideon Tau en Wendy van Zyl se troue is voorlopig tot stilstand gebring weens administratiewe uitdagings.

Die nuwe datum sal binnekort aangekondig word.

Radio NFM wil graag sy lesers en luisteraars bedank vir hul bydrae.

Tau en van Zyl se liefde vir mekaar het groot belangstelling by Namakwalanders gewek oor hul spesiale liefdesverhaal.

Hulle het mekaar op die munisipale stortingsterrein ontmoet waar hulle probeer het om munt uit herwinbare rommel te slaan.

Dit het nie lank geneem vir die twee om te besef dat hulle baie meer van mekaar se geselskap hou – en het toe nes gemaak net daar op die stortingsterrein.

Beide het met dwelmverslawing gesukkel, maar dié paartjie sê dat hul liefde vir mekaar die dryfkrag was om dwelmvry te leef.

Nadat dit aangekondig was dat die twee in die huwelik wil tree, het Namakwalanders hul beursies en harte oopgemaak om die twee te ondersteun.

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES