Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

VIDEO: Namakwaland kampus studente bekommerd oor hul toekoms
Studente van die Namakwaland Kampus. Foto: Jason Milford.

Studente verbonde aan die Namakwaland kampus is bekommerd oor wat die toekoms vir hulle inhou.

Hul vrese is dat hulle moontlik nie kan kwalifiseer in hul velde van vakmanskap-opleiding nie.

Dit kom nadat studente wat reeds bykans 4-jaar al opleiding ontvang het, nié reeksnommers kan ontvang om ‘n handelstoets af te lê wat hul kwalifikasies sal bekragtig nie.

Bykans 90 studente het opleiding ontvang en sowat 20 het onlangs die handelstoets afgelê. Die ongeveer 70 studente wat opleiding ontvang het is onder meer passer en draaiers, diesel werktuigkundiges, ketelmakers en elektrisiëns.

‘n Student wat namens die studente op die Namakwaland kampus praat, Bronvin Mouton het gesê die gebrek aan antwoorde vanaf die bestuur is ‘n kopseer en gee min duidelikheid oor hul toekoms.

“Ons het weer vandag probeer om met die hoof, Dana Boyce te praat, maar dit is duidelik dat ons bekommernisse nie van belang is nie. Hy kan net nie tyd maak om met ons te praat nie.”

Pogings om terugvoering by die bestuur van die Namakwaland kampus te verkry, was egter onsuksesvol.

Radio NFM Nuus het ‘n navraag aan die ‘Mining Qualifications Authority (MQA)’ gestuur, maar het nog nie terugvoering ontvang nie.

‘n Navraag is ook aan die departement van hoër onderwys en opleiding gerig.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES