Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Zimbabwiër gevang vir die onwettige smous van paspoorte
Illustrasie foto: Blake Guidry on Unsplash

KURUMAN – ‘n Gesamentlike operasie wat bestaan het uit die eenhede vir ernstige ondersoeke na misdaad van die Valke, misdaadintelligensie, die kriminele rekord-sentrum en kuruman POP, het daartoe gelei dat ‘n 28-jarige Zimbabwiese burger Dinsdag in hegtenis geneem is weens beweerde bedrog.

Die polisie het toegeslaan nadat hulle inligting ontvang het dat die verdagte wat na bewering tydelike permitte, paspoorte en rybewyse vir Zimbabwe en Suid-Afrikaanse burgers ervaardig, uitgereik en verkoop het.

‘n Woordvoerder vir die Valke, Nomthandazo Mnisi het gesê die verdagte transaksies met die oog op die versameling van bewysstukke is met die verdagte gedoen en hy is daarna gearresteer.

“Die verdagte het bedrae van R1000 tot R2500 vir hierdie dokumente gehef,” het Mnisi gesê.

Die verdagte sal weer binnekort in die landdroshof op Mothibistad verskyn.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES