Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Bejaarde man tronk toe vir verkragting van 11-jarige meisie
Illustrasie foto: Kate Williams on Unsplash

‘n 73-Jarige man van Kuruman is onlangs ‘n swaar tronkstraf opgelê nadat hy in die hof skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n 11-jarige meisie.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê tydens die hofverrigtinge in die Kuruman-streekhof, het dit aan die lig gekom dat die ou man die slagoffer een keer probeer verkrag en haar tussen November en Desember 2014 twee keer verkrag het.

Ramatseba sê die bejaarde man het gedurende die nag in die slaapkamer van die slagoffer gestorm, terwyl die slagoffer aan die slaap was en haar verkrag het.

“Hy het gedreig om haar dood te maak of te beseer as sy skree of enige persoon van die verkragtingsvoorvalle vertel.”

Ramatseba sê in ‘n ander voorval het die ou man die slagoffer gedwing om hom na die veld te vergesel om hout te gaan haal en haar ook in die veld verkrag.

Hy sê by die derde geleentheid het die bejaarde man probeer om die slagoffer te verkrag, maar sy pogings was nie suksesvol nie.

“Hy is onmiddellik in hegtenis geneem nadat die meisie hierdie verkragtingsvoorvalle by haar ma aangemeld het, wat die polisie in kennis gestel het.”

Die getuienis en die forensiese getuienis van die slagoffers het die beskuldigde verbind met die misdade van verkragting en poging tot verkragting waarvoor hy aangekla is.

Op Donderdag 21 November 2019 is die ou man deur die Kuruman-streekhof skuldig bevind en gevonnis.

Hy is op verskeie klagtes skuldig bevind, maar is effektief tot 15-jaar vir verkragting en poging tot verkragting gevonnis.

Die verkragter se naam sal in die register vir seksuele oortreders aangeteken word.

Ramatseba sê die Noord-Kaapse polisiebestuur is opgewonde oor die uitstekende vennootskap wat deur die nasionale vervolgingsgesag (NVG), departement van justisie, in vennootskap met die Suid-Afrikaanse polisiediens getoon is.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES