Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Bergsig-vrou dood in huis aangetref
Shakira Links se liggaam is in haar huis gevind. Foto: Verskaf

Die Bergsig gemeenskap was oor die naweek groot geskok toe ‘n 20-jarige vrou dood in haar huis aangetref is.

Die polisie het bevestig sy is deur noodpersoneel wat ontbied is, op die toneel dood verklaar.

Die vrou is intussen geïdentifiseer as Shakira ‘Kira’ Links. Menigte boodskappe het vir haar op sosiale media ingestroom.

Verskeie gerugte het egter kop uitgesteek wat spekuleer rondom Links se dood, maar die polisie sê daar is reeds ‘n ondersoek geloods.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê dat die polisie’ n ondersoek geloods het.

Ramatseba sê met die hulp van forensiese dienste sal die oorsaak haar dood bekendmaak.

“Indien die uitslae toon dat sy op ‘n onnatuurlike wyse dood is, ‘n moordsaak geopen sal word.”

Die polisie doen intussen ‘n beroep op enige persoon met inligting wat kan help om hierdie saak op te los.

Die ondersoekbeampte, Sersant Brian Williams kan gekontak word by: 082 4955 279.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *