Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Buitelandse “dwelmvervaardigers” gevang
Illustrasie foto: freestocks.org on Unsplash

KURUMAN: Drie buitelanders is verlede Vrydag-aand tydens ‘n polisie-operasie in hegtenis geneem toe vermoedelik dwelmvervaardigingsprodukte op hulle gevind is.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die trio is in hul vroeë dertigerjare.

“Hulle was ook in die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen, ammunisie, 72 verseëlde bottels antiretrovirale medikasie- en ‘n bottel chemikalieë wat vermoedelik dwelms vervaardig,” het Ramatseba gesê.

Dié verdagtes is in een van die huise in Maruping Village naby Kuruman in hegtenis geneem.

Ramatseba het gesê vertroulike inligting wat ontvang was, is dat die trio glo beplan het om ‘n roof te pleeg.

Die drie sal binnekort voor die plaaslike landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES