Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Suksesvolle program van geen geweld teen vroue en kinders
Jong kinders op Okiep het hul plakkate hoog gehou tydens die bewusmakingsveldtog. Foto: Brunhild Strauss.

Die onlangse veldtog in die tyd van 16 Dae van Aktivisme vir geweld teen vroue en kinders het vrugte gewerp in plaaslike gemeenskappe.

So sê die plaaslike aktivis, Dennis Coetzee wat homself beywer met gemeenskapsveiligheid.

Coetzee het gesê hy is veral beïndruk met die opkoms van plaaslike jongmense wat gedurende verlede naweek hul plakkate hoog gehou het tydens die veldtog op Okiep.

Die 16 dae aktivisme wat gemik is op geweld teen vroue en kinders, is ‘n jaarlikse instelling van die parlement.  Jaarlikse statistieke toon dat geweld neem toe veral teen vroue en kinders.

In meeste gevalle vind mishandeling plaas deur hul mans, vaders of familielede.

Dié bewusmakingsprogram word jaarliks vanaf 25 November herroep tot 16 Desember.

Coetzee het gedurende sy veldtog ‘n opvoering laat doen wat misdaad teen vroue uitgebeeld het.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES