Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Ma van ses dakloos nadat huis afgebrand het
Geralda Cloete (inlas) sukkel om 'n huis te kry nadat haar huis afgebrand het. Fotos: verskaf

NABABEEP: ’n Ma van ses kinders is raadop vir die omstandighede waarin sy moet woon nadat haar huis in 2015 afgebrand het.

Geralda Cloete (31) was in 2012 ’n begunstigde van die Namakwalandse Diamantfondstrust wat vir haar ’n huis gebou het.

Maar, sedert dié huis in ’n brand verwoes is, is Cloete en haar kinders nou tot ‘n informele struktuur gebind met geen ablusie-geriewe of ventilasie nie.

“Daar is net een deur om in-en-uit te beweeg, maar daar is glad nie vensters nie,” het sy gesê.

Sy sê haar kinders is tussen die ouderdomme van sewe maande- en 15-jaar oud.

“Ek het al aan verskeie deure gaan klop, maar niemand kan help nie.

Eintlik is ek opsoek na boumateriaal om vir my en my kinders ’n huis te bou.”

Cloete sê sy werk deeltyds en haar inkomste is nie genoeg om boumateriaal aan te koop nie.

Sy sê dat sy ook reeds by die Namakwa distriks-munisipaliteit om hulp aangeklop het, maar dat sy glo gesê is dat daar nie erwe beskikbaar is nie.

“Ek wil net ‘n veilige omgewing skep vir my kinders.

My 11-jarige seun woon by sy peetma en weier om by my te kom bly, juis oor die omstandighede waarin ons huidiglik onsself vind.”

Vir navrae of enige bydrae kan u kontak maak met Geralda Cloete by: 071 054 9491.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES