NUUSFLITS: Luister: Ongeluk op N7 bring verkeer tot stilstand
'n Ongeluk op die N7 het verkeer tot stilstand gebring. Foto: Ricky K

‘n Motor-ongeluk vroeër op die N7 het verkeersvloei tot stillstand gebring toe twee voertuie na bewering gebots het.

Radio NFM Nuus het vertroulik verneem dat insittendes nie beseer of ernstige beserings opgedoen het nie.

Die LUR vir die departement van vervoer, veiligheid en skakeling, Nontobeko Vilakazi het vandeesweek met die hoof uitvoerende beampte van die nasionale bestuur van padverkeer ontmoet.

Gesprekke was gevoer rondom samewerkingspogings om padveiligheid gedurende die feestyd te verbeter.

‘n Woordvoerder vir die Noord-Kaapse departement van Vervoer, veiligheid en skakeling, Patsy Alley het gesê dat die departement later vandeesmaand die veldtog vir veiligheid in die feesseisoen sal bekendstel.

Alley gesê die plan is doelgerig om die verhoogde verkeersvolumes te hanteer.

Sy sê padblokkades, stop-en-deursoekings sal regdeur die provinsie gedoen word om die wet op paaie doeltreffend te inkorporeer.

“Ons wil ‘n daadwerklike poging aanwend om ongelukke te verhoed. Ons herinner padverbruikers om altyd by die spoedgrense te hou, en om nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie,” het sy gesê.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *