Nuwe burgemeester takel mynbou-kwessies
Die nuutverkose burgemeester, Rian Cloete. Foto: Jason Milford

SPRINGBOK: Die nuutverkose burgemeester, Rian Cloete het in sy inhuldigingstoespraak gesê hy gaan kleinskaalse mynbou-kwessies aanspreek.

Cloete- en Cornelius Petersen as Speaker, het vandag hul sitplekke amptelik ingeneem by die Nama-Khoi munisipaliteit.

Cornelius Petersen is die nuwe Speaker van die Nama-Khoi raad. Foto: Jason Milford

Dit kom nadat die voormalige burgemeester, Lorenzo Faber vroeër vandeesmaand vanuit sy pos bedank het.

Die voormalige speaker, Mona Isaacs van die Khoisan Revolusie is glo deur haar party vanuit haar posisie onthef.

Cloete het in sy inhuldigingstoespraak dank betuig aan Faber “wat die grondwerk gelê het om die munisipaliteit na hoër hoogtes te neem.”

“Ek en my komitee sal julle nie teleurstel nie, en ek versoek julle om ons verantwoordelik te hou om die beste dienste aan julle beskikbaar te stel, en julle probleme en belange eerste te stel.”

Cloete het tydens sy toespraak sy kommer uitgespreek oor die huidige stand van sake oor kleinskaalse mynbedrywighede.

“Ek is uiters bekommerd oor die veiligheid en welstand van ons mense. Dit is ‘n aangeleentheid wat so spoedig moontlik my aandag sal geniet.”

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *