OPVOLG: Bejaardes vir skok behandel ná N7-botsing
Die Toyota Etios word uitgesleep van waar dit tot stilstand gekom het nadat die voertuig gerol het. Foto: Ricky K

Die polisie het bevestig dat ‘n bejaarde paartjie vroeër vandag vir skok behandel was ná ‘n botsing.

Brigadier Mohale Ramatseba, ‘n provinsiale woordvoerder vir die polisie het bevestig dat ‘n Toyota Etios en Ford EcoSport na bewering gedurende die middag op die N7 gebots.

Die bejaarde paartjie was in die Toyota-voertuig wat gerol het.

“Die bejaarde egpaar in die Toyota-voertuig het behandeling gekry vir skok nadat hul voertuig gerol het,” het Ramatseba gesê.

Hy sê die bestuurder en passasier in die Ford-motor het ook sonder ernstige beserings ontsnap.

Ramatseba sê daar word ‘n beroep gedoen op die publiek wat enige inligting aan die ondersoekbeampte kan verskaf rakende dié voorval, kan kontak maak by: 082 495 5279.

 

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *