Provinsie verloor miljoene weens wanbesteding
Illustrasie foto: Michael Longmire on Unsplash

Die Richtersveld munisipaliteit verloor sowat R21 782 miljoen en die Nama-Khoi munisipaliteit ongeveer R170 000 wat nie aangewend is vir grootmaatinfrastruktuur nie.

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap onthul dat die provinsiale regering nie ‘n stewige greep het op plaaslike regering nie.

Dit kom nadat die DA se kiesafdelingshoof van die Bo-Karoo, Fawzia Rhoda, bekendgemaak het dat toelaes vir grootmaatinfrastruktuur deur die nasionale tesourie herverdeel is weens die gebrek aan munisipale besteding.

Rhoda het in ‘n onlangse verklaring gesê munisipaliteite is R74 miljoen armer deur hul onvermoë om die Regional Bulk Infrastructure Grant (RBIG) te spandeer.

Die verklaring onthul dat onder die munisipaliteite wat geraak word is: Richtersveld verloor R21,782 miljoen; Nama Khoi verloor R170 000; Ubuntu verloor R13,970 miljoen; Emthanjeni verloor R6.991 miljoen; Renosterberg verloor R592 000; Siyathemba verloor R5,948 miljoen; Kai! Garib verloor R10 miljoen; Tsantsabane verloor R7,229 miljoen en Dawid Kruiper verloor R43,632 miljoen.

Rhoda sê van die R110,315 miljoen wat aan hierdie munisipaliteite verloor is, is ‘n bedrag van R35,960 miljoen aan Siyancuma (R10,460 miljoen) herverdeel; Dikgatlong (R9,500 miljoen) en Magareng (R16 miljoen).

“Die netto effek is ‘n totale verlies van R74,35 miljoen wat aan ander provinsies herverdeel word.”

“Dit is ‘n groot terugslag vir die Noord-Kaap en ‘n absolute wanbestuur van munisipale bestuur – en ook provinsiale regering, wat nie doeltreffende toesig oor die plaaslike regering hou nie.”

Rhoda het verder gesê dat dit nie die eerste keer is dat Noord-Kaapse munisipaliteite hul broodnodige finansiering verloor “weens hul eie onbevoegdheid nie.”

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *