Noord-Kaap betreur afsterwe van Sadou-sekretaris
Die Noord-Kaapse departement van onderwys betreur die afsterwe van die Sadou-sekretaris, Fikile Ntathu. Foto: Verskaf.

Die Noord-Kaapse departement van onderwys sê dit was met groot skok toe die nuus ontvang word dat die provinsiale sekretaris van die demokratiese onderwysersunie, Fikile Ntathu gister afgesterf het.

Die departement het in ‘n verklaring gesê Ntathu se ontydige dood het skokgolwe regdeur die provinsie, veral die onderwyssektor gestuur.

“Hy was ‘n lewenslange vegter wat aktief was in die vakbondbeweging.”

“Gedurende sy lewe het hy aan ‘n aantal belangrike vakbondstryde deelgeneem en gelei, om te veg vir die regte en belange van die werkersklas.”

Die departement sê verder Ntathu se dood is nie net ‘n verlies vir sy gesin nie, maar ook vir die broederskap in die onderwys as geheel.

“Onder leiding van die LUR Mac Jack wil die Noord-Kaapse onderwysdepartement sy volle solidariteit met sy vakbond- en ons innige meegevoel met sy familie, kollegas en vriende betuig.”

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *