Man verkrag 11-jarige seun
Illustrasie foto: Michał Parzuchowski on Unsplash

’n 25-Jarige man van Galeshewe in die Noord-Kaap sal binnekort op die hof verksyn na die beweerde verkragting van ‘n 11-jarige seun.

’n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die voorval het Saterdag, 23 November plaasgevind.

“Die verdagte het glo die seun gegryp en hom in die bosse gesleep in die Snake Park-omgewing voordat hy die seun verkrag het.”

Ramatseba het gesê die seun het vrygekom en sy ouma oor die voorval ingelig.

Hy sê die was op vrye voet, maar is Woensdag in hegtenis geneem.

“Hy was in die huis van sy vriend in Phomolong, in Galeshewe, versteek.”

Die provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Noord-Kaap, luitenant-generaal Risimati Shivuri het die voorval in die sterkste moontlike terme veroordeel.

“Mans moet nie hulself skuldig maak aan geweldsmisdade teen vroue en kinders nie, maar eerder gesien moet word as beskermers van vroue en kinders teen alle vorme van mishandeling,” het Shivuri gesê.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *