Poging tot moord van beweerde delwers word steeds ondersoek
Mense wat gewond is in die skietvoorval. Fotos: Verskaf

Die polisie sê dat niemand nog in hegtenis geneem is na die laaste skietvoorval verlede maand in die Richtersveld nie.

’n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die polisie op Alexanderbaai ondersoek ’n saak van poging tot moord nadat daar op vier vermeende onwettige delwers geskiet is.

Ramatseba het in ’n verklaring gesê dat daar word egter beweer dat die vier slagoffers op pad was om onwettig te delf by die Bloedrift-myn op Alexanderbaai toe die sekuriteitswagte op hulle losgebrand het.

Die polisie het bevestig dat Vetus Schola Sekuriteit op die slagoffers geskiet het.

Dié sekuriteitsmaatskappy is deur die Lower Orange River (LOR) Diamantmyn aangestel.

Radio NFM Nuus het vroeër berig dat die sekuriteitsmaatskappy se vuurwapens is deur die polisie gekonfiskeer vir verdere ondersoek.

Die provinsiale kommissaris van die polisiediens in die Noord-Kaap, Luitenant-Generaal Risimati Peter Shivuri, het Port Nolloth besoek om met alle rolspelers oor die voorval te vergader.

Die polisie het egter nog nie bekendgemaak wat die uitkoms van dié vergadering is nie.

Die polisie het ook nie op ’n navraag gereageer wat vra op wie se opdragte die sekuriteitswagte losgebrand het nie.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *