
'n Trok het Sondag aan die brand geslaan nadat dit omgeslaan het. Fotos: Verskaf
Die polisie ondersoek ‘n voorval van roekelose en nalatige bestuur nadat ‘n vragmotor op die N7 buite Kammieskroon omgeslaan het.
‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die ongeluk het op Sondag 1 Desember omstreeks 09:00 in die oggend plaasgevind.
“Die vragmotor het aan die brand geslaan en die bestuurder kon daarin slaag om sonder beserings te ontsnap,” het Ramatseba gesê.
Die ondersoek duur steeds voort.
Please follow and like us: