Vier verdagtes agter tralies vir moord
Illustrasie foto: Lacie Slezak on Unsplash

Vier man is oor die naweek in hegtenis geneem vir die beweerde moord van ‘n ander man.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê op 1 Desember omstreeks 05:00 in die oggend is die lyk van die oorledene in Evansstraat in Kimberley-Noord gevind deur ‘n verbyganger wat die polisie in kennis gestel het.

Ramatseba sê die manlike slagoffer is glo gesteek en is dood op die toneel aangetref.

“Die naasbestaandes moet nog in kennis gestel word, en die naam van die oorledene kan nie aan die publiek bekend gemaak word nie.”

Ramatseba sê die polisie se flinke opgetrede het gelei na die arrestasies van vier manlike verdagtes by hul huise in Kimberley-Noord.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte skakel by: 083 2299 537.

Die ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *