Beweerde dronkbestuurder in hegtenis geneem
Illustrasie foto: Oscar Nilsson on Unsplash

Die polisie op Aggeneys ondersoek ‘n saak van roekelose en nalatige- sowel as bestuur terwyl onder die invloed van drank nadat twee voertuie Sondag gebots het.

Brigadier Mohale Ramatseba, ‘n provinsiale woordvoerder vir die polisie het gesê ‘n Volkswagen Polo en ‘n Nissan Almera het glo in een rigting gery toe die ongeluk plaasvind.

Die ongeluk het plaasgevind op die N14 vanaf Pofadder na Aggeneys.

“Dit het omstreeks 16:30 gebeur waar ‘n VW Polo en Nissan Almera in een rigting gery het toe die ongeluk gebeur. Die Almera het verskeie kere gerol,” het Ramatseba gesê.

Hy sê die bestuurder van die Almera was alleen in die voertuig en het ligte beserings opgedoen, terwyl een van die vier insittendes van die silver Polo ernstig beseer is.

“Die bestuurder van die Polo is in hegtenis geneem omdat hy glo onder die invloed bestuur het.”

Die ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *