Vioolsdrif rekord-temperatuur ongeldig verklaar

Die Suid-Afrikaanse Weerburo het ‘n verklaring uitgereik om aan te kondig dat die rekord-maksimum temperature opgeneem vir Vioolsdrif ongeldig is.

Dit kom nadat die buro maksimum temperature aangekondig het van 50.1 Grade-Celsius vir Donderdag 28 November.

Die weerburo sê in sy verklaring dat ‘n ondersoek na die stasie se data het aan die lig gebring dat die temperatuursensor net twee dae tevore vervang is.

“Die ontleding van hierdie gegewens het getoon dat die gedrag van die temperatuursensor twyfelagtig is en die voorlopige temperatuurlesing van 50.1 grade as ‘n nuwe rekord is dus ongeldig,” het die weerburo gesê.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het besef dat as die rekord korrek is, dit ‘n nuwe nasionale rekord vir Suid-Afrika sou beteken.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens publiseer daagliks ‘n weerbulletin wat weerstatistieke verskaf.

Hierdie data kom direk van die instrumentasie af en word nog nie deur kwaliteit gekontroleer nie, daarom word dit beskou as voorlopige gegewens.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens bedank die publiek vir hul belangstelling in hierdie saak.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *