Korrektiewe beampte in hof oor beweerde verkragting
Illustrasie foto: Luis-Galvez

‘n Korrektiewe dienste beampte is gister in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 20-jarige vrou verkrag het.

‘n Provinsiale polisie-woordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê lede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het gisteroggend dié korrektiewe beampte in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ‘n 20-jarige vrou.

Na bewering het die beampte, verbonde aan die Tswelopele Maksimum Korrektiewe Sentrum in Kimberley, die slagoffer omstreeks 03:45 tydens vroeë oggendure verkrag.

Die verdagte het na bewering die slagoffer sien loop en haar glo met geweld benader, en “gedreig” voordat hy haar vermoedelik verkrag het.

Die verdagte sal na verwagting vandag voor die Galeshewe-landdroshof verskyn.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *