Nababeep polisie reik uit na persone met gestremdhede
Die Nababeep polisie het weggooi doeke aan Radio NFM oorhandig. Fotos: Jason Milford

Die polisie op Nababeep het vandag weggooi-doeke vir volwassenes aan Radio NFM geskenk as deel van die polisie se inisiatief om verligting te bied aan persone met gestremdhede.

Dié inisiatief is in die lewe geroep deur Adjudant Doreen Balie van die Nababeep polisie ter viering van haar 51ste verjaarsdag.

Balie het tydens die oorhandiging gesê dat behoeftes van gestremde persone munt diep uit die sak kan slaan.

“Ons by die Nababeep polisie wil ook ons deel vir ons gemeenskappe doen wat ons bedien.”

Balie het haar kollegas geprys vir hul “waardevolle” bydraes en “dat elkeen ingespring het om sy hand diep in sy sak te druk om doeke te borg.”

Radio NFM se bestuurder, Brunhild Strauss, ook bekend vir rol as aktivis vir persone met gestremdhede, het die Nababeep polise se bydraes ontvang.

“Daar is baie persone met behoeftes en hierdie weggooi-doeke sal ‘n groot hulp wees vir dié wat dit benodig,” het Strauss gesê.

Van links is: Brunhild Strauss, Adjudant Doreen Balie, Dennis Coetzee- en Ricky K

Verder, het die Noord-Kaapse polisie se eenheid vir gesondheid en welstand van werknemers van die polise hul eie projek waargeneem tydens die nasionale dag van persone met gestremdhede en dit gekombineer met ‘n “Nappy Run” by die Helen Bishop Orthopaedic Home vir kinders met gestremdhede.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *