Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Harte oop vir boere in Namakwa met droogtehulp
Droogtehulpmiddels: Concordia - Foto: Jason Milford

Met die droogte wat in die Namakwa streek plaasvind, word plaaslike boere die ergste geraak.

Verligting was gister aan die boere gebring, waar droogtehulp-middels in Concordia op die sokkerveld op Plaatjie aan boere uitgedeel was.

Sowat 100 persone was geïdentifiseer, waarvan 62 registreerde boere is en die oorblywende 38 is van die omliggende boere wat ook by hierdie droogtehulp sal baatvind.

Gift of the Givers het voer-korrels voorsien.

Susan van Neel ‘n meentverteenwoordiger ook ‘n lid van die droogtekomitee, het gesê hulle is in die wolke oor hierdie ekstra hulp wat aan die boere verleen word.

“Ons diere word maer en is ook besig om vrek te gaan, want ons kan hulle nie voer nie,” het van Neel gesê.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *