Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Namakwa kinder-en jeugsentrum hê pret op familiedag
Rolspelers en personeel van die Namakwa kinder-en jeugsentrum. Fotos: Niruscha van Neel.

Dié sentrum vir kinders en tieners met maatskaplike uitdagings het vandag hul fantastiese jaarlikse familie dag gehou.

Die dag is daarop gemik om ouers deel te maak van die verrigtinge wat ten doel het om erkening aan die leerders te gee vir hulle harde werk gedurende die jaar.

Vir die jonges wat daar geplaas is, was dit ‘n dag vol opwinding, veral vir diégene wat hul ouers vir etlike maande nie kon sien nie.

Dié sentrum huisves kinders wat al met die wet gebots van regoor die provinsie.

Werknemers van die sentrum het in kleurvolle kledingstukke uitgedos en het voorsiening gemaak vir ‘n fotostand waar die jonspan kiekies met hul families kon neem.

Liezel Muller, die sentrum se waarnemende institusionele bestuurder sê “families is die hoeksteen van ons gemeenskappe en met hierdie dag wil ons graag familiebande behou en versterk.”

En met daardie gedagte het die sentrum skouer aan die wiel gesit om die dag ekstra spesiaal te maak vir die kinders en hul ouers.

Baie jollig. Van links is: André Kordom, Dondald Madolla en Joseph Damon.
Van links is: John Engelbrecht, Petrus Cloete, Donald Madolla en Selwin Prins.
Die drie dapper muise. Van links is: Lizette Koegelenberg, Richie Cloete en Gerri-Lee Bonn.

Vir die jongspan was dit egter ‘n fantastiese ervaring met al die kleurvolle besienswaardighede en ‘n saal wat hulle alte-goed ken, wat in rooi en wit gedrapeer was. Sowel as die personeel was stylvol en kleurvol te sien buiten die gewone uniforms wat hulle elke dag in gesien word.

Irvine Cloete het sertifikate oorhandig aan die leerders  vir hul skool-prestasies.

Namakwaland se eie Jodee Henn het almal op hul voete gehad met sangstukke en danspassies op die verhoog.

Richie Cloete, van die plaaslike departement van onderwys, Lizette Koegelenberg en Gerri-Lee Bonn was die drie dapper muise wat gesorg het vir ‘n onvergeetlike opvoering.

Die gasspreker, Helen Jack het die ontslape vryheidspresident, Tata Nelson Mandela in haar toespraak aangehaal: “Together as a nation, we have the obligation to put sunshine into the hearts of our little ones. They are our precious possessions. They deserve what happiness life can offer.”

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *