Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Studie oor vroeë MIV-behandeling toon afname in infeksie
Foto verskaf: Die rooi lint word wêreldwyd gebruik as die simbool van die solidariteit met mense wat 'n MIV-besmetting opgedoen het.

In Suid-Afrika is daar meers as 4 miljoen MIV-positiewe persone op antiretrovirale behandeling.

Sowat 90-persent word behandel deur staatshospitale en klinieke.

Volgens ramings van die UNAIDS, die Verenigde Nasies se liggaam wat die MIV-epidemie behandel, kon konvensionele bloedtoetse teen 2016 nie meer as drie miljoen mense op ART, MIV opspoor nie – ‘n geweldige afname in infeksie.

Dit is briljant en beteken dat, behalwe die feit dat baie mense na goeie gesondheid teruggekeer het, hulle nie MIV aan ander mense kan oordra nie.

Maar as hulle die behandeling staak, dan keer die virus terug. UNAIDS beraam dat nuwe MIV-infeksies tussen 2010 en 2016 gehalveer is.

Twee groot kliniese toetse gedurende die afgelope dekade het die manier waarop MIV behandel word, verander.

‘n Reuse kliniese toets genaamd, START, wie se resultate in 2015 gepubliseer was wys dat die behandeling van die ART so gou as moontlik begin word, sodra diagnose van die MIV gediagnoseer was, as om te wag dat die immunstelsel afneem. Dit verminder die risiko om siek te word.

Voodat diè proewe ingestel was, sou daar gewag word tot die cd4 telling – ‘n maatstaf van hoe goed die immuunstelsel funksioneer – laag genoeg gedaal het.

Dit is weggedoen, so indien ‘n persoon in Suid Afrika met MIV gediagnoseer is, onmiddellik ART aangebied word.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *