Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

VIDEOS: Concordia bejaarde-sentrum ontvang groot skenking
Van links is: Bertie Saal, Marcelino Cloete, Lucinda Mason, Anthony Diergaardt, tannie Tilly Cloete en Darren Burgess. Foto: Niruscha van Neel.

Die Dienssentrum vir bejaardes op Concordia spog nou met ’n splinternuwe stoof en elektroniese toestelle vir die toets van bloeddruk en suiker.

Lede van die plaaslike Old Mutual tak het die oorhandiging van hul skenking by die sentrum gedoen.

Die woordvoerder vir die provinsie se departement van sport, kuns en kultuur, Bertie Saal het gesê die sentrum se bejaardes is steeds aktief en die infrastruktuur wat vandag ontvang is, ’n groot hulp sal wees.

“Ons is baie trots op hierdie bejaarde groep, omdat hulle self-onderhoudend is. Hierdie toestelle stel hulle ook nou in staat om hul eie basiese lewenstekens te bepaal,” het Saal gesê.

Van die bejaardes het lekker aan die lees begin word.

Lucinda Mason van Old Mutual sê die skenking vorm deel van die maatskappy se uitreikingsprogram.

Sy sê een van die plaaslike konsultante, Anthony Diergaardt is aktief betrokke by hierdie sentrum met liefdadigheidswerk.

Die voorsitter van die sentrum, bekend as tannie Tilly Cloete het gesê dit is vir haar aangenaam as mense hul “hande en harte” oopmaak vir die sentrum.

“Ons wil baie graag ’n verskil maak in ons gemeenskap en ons waardeer hierdie tipe gebare opreg.”

Sy sê daar is nog so baie bejaardes in die gemeenskap wat op hul eie is. “Ons is die tipe bejaardes wat nog baie aktief is, en ons wil graag hê dat hierdie bejaardes by ons moet kom aansluit.”

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *