Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Nama Khoi Jingle Bash ‘19
Die Nama Khoi Jingle Bash maak gereed vir hope pret. Fotos: Jason Milford

Die jaarlikse Nama Khoi Jingle Bash wat gepaard gaan met die bewusmaking van MIV en Vigs beloof om vanjaar hope pret vir groot en klein te bied.

Dereck Cloete, munisipale woordvoerder sê die program is ook daarop gefokus om ‘n platform te bied vir plaaslike kunstenaars om hul talente met die publiek te deel.

Cloete sê die Nama Khoi munisipaliteit se fokus was nog altyd om samehorendheid te bevorder.

“Dit is vir ons belangrik om ons gemeenskappe toe te rus met kennis deur sulke programme te integreer met bewusmaking. Maar met die vermaaklikhede wat gaan afspeel, is dit ons manier om ook dankie aan ons gemeenskappe te sê.”

Plaaslike sakemanne en vroue het ook reeds uitgestal met lekkernye, tydelike tatoeëermerke, visvang en vele meer.

Sien gallery:

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES