Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Jingle Bash skop af op hoë noot
Die plaaslike Dance Garage groep het feesgangers op hul voete gehad. Fotos: Jason Milford

Die jaarlikse Nama Khoi Jingle Bash het gisteraand menigte se verwagtinge oortref met sy Wêreld Vigs Dag program sowel as tonne vermaak.

Die burgemeester, Riaan Cloete het ‘n toespraak gelewer waarin hy ‘n beroep op die gemeenskappe gedoen het om teen geslagsgebaseerde geweld op te tree.

“Geslagsgeaseerde geweld is ‘n algemene verskynsel in ons gemeenskappe, en as die munisipaliteit, kan ons nie alleen hierdie euwels verwyder uit ons samelewing nie. Ons het die huilp van elke inwoner in Nama Khoi nodig om veiliger skole, veiliger huise en veiliger gemeenskappe te vestig,” het Cloete gesê.

In samewerking met die plaaslike departement van gesondheid ter bewusmaking van MIV en Vigs, het Sr. Helen Bock en die burgemeester tydens die kerslig seremonie, ‘n kers aangesteek ter herinnering aan dié wie se lewens reeds deur die virus geeïs is.

“Ons gebruik hierdie geleentheid om Wêreld Vigs Dag te herdenk as ‘n herinnering van die regering se daadwerklike pogings om hierdie epidemie te beveg,” het Cloete in sy toespraak gesê.

Die plaaslike kunstenaars wat opgetree het is: Bergsig Spiritual Dancers, Dance Garage, Jerenice Jacobs, Bee Wings, Tholwana, Mantie, Nemo, Real 4 Real en Nu Balance.

Sien gallery:

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *