Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Duister Kers-fees vir Noord-Kaapse dorpe
Illustrasiefoto: David Monje on Unsplash

Twee Noord-Kaapse munisipaliteite staar ‘n donker Kersfees in die gesig nadat Eskom aangekondig het om die grootmaat-elektrisiteitsvoorsiening op te skort weens wanbetaling.

In ‘n kennisgewing vroeër die week het Eskom gesê dat die elektrisiteitsvoorsiening vanaf 19 Desember by Tsantsabane (Postmasburg) en Magareng (Warrenton) se plaaslike munisipaliteite onderbreek sal word en onbepaald sal voortduur.

Eskom het voorheen gesê dat die Magareng plaaslike munisipaliteit R54,188 miljoen aan die kragvoorsiener skuld.
Die skuld is alreeds sedert 2010 uitstaande- en is steeds besig om toe te neem.
Die Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit is R129, 025 miljoen aan Eskom verskuldig, wat sedert April 2014 uitstaande is.

Vir die eerste week (19 tot 25 Desember) sal elektrisiteitsvoorsiening aan die twee munisipaliteite gesny word van 06:00 tot 09:00 en weer van 17:00 tot 20:30 op Maandag tot Vrydag, en van 08:30 tot 12:00 en weer van 15:00 tot 19:00 op Saterdag en Sondag.

Van 26 Desember, word elektrisiteit daagliks van 06:00 tot 20:00 afgesny.

Luidens die kennisgewing het Eskom al die geskrewe vertoë, kommentaar en voorleggings wat ontvang is en algehele impak van die toenemende munisipale skuld oor die afgelope paar jaar deeglik oorweeg. Hierna het die kragvoorsiener besluit om voort te gaan met die onderbrekings en ontkoppelings.

Drie ander plaaslike munisipaliteite, Thembelihle, Phokwane en Dikgatlong, het die teregstelling van eksekusie ontvang nadat Eskom aangekondig het dat hy nie met die beoogde onderbreking sal voortgaan nie.

Eskom het daarop gewys dat die munisipaliteit se oortreding van hul betalingsverpligtinge teenoor die kragvoorsiening se vermoë om die nasionale toevoer van elektrisiteit op ‘n finansieël-volhoubare grondslag voort te sit, ondermyn en in die gedrang gebring het.

Eskom het oorspronklik aangekondig dat hy elektrisiteitsvoorsiening in altesaam tien munisipaliteite in die Noord-Kaap sal verminder.
Dit sluit in Kamiesberg, Khai Ma, Magareng, Phokwane, Renosterberg, Richtersveld, Thembelihle, Tsantsabane, Siyancuma en Siyathemba.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES