Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Gewapende rower op Port Nolloth geskiet
Illustarsie foto: David von Diemar on Unsplash

‘n Man is in die arm geskiet na ‘n mislukte roof-poging van ‘n supermark op Port Nolloth.

Die 30-Jarige verdagte is tans onder polisie bewaking in die Dr. Izak van Niekerk hospitaal op Springbok.

‘n Polisie-woordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê nòg ‘n verdagte is op vrye voet.

Volgens Ramatseba het die twee verdagtes ‘n supermark op Port Nolloth met messe bestorm en ‘n werknemer glo gedreig om ‘n kluis oop te maak.

Hy sê die gewapende duo het die supermark net na 06:00 toe die supermark vir die publiek oopgemaak het, bestorm.

“Die kluis kon nie onmiddellik oopmaak nie en die polisie is gewaarsku.”

Ramatseba sê met die polisie se aankoms, wou een van die verdagtes ‘n polisie-beampte met ‘n mes aanval.

“Die polisie-beampte het toe die verdagte in die skouer geskiet.

Daarna wou die verdagte steeds vlug, maar is in hegtenis geneem.”

Ramatseba sê ‘n soektog is geloots vir die verdagte wat gevlug het.

Die verdagte wat nog aansterk in die hospitaal sal na verwagting voor die landdroshof in Port Nolloth verskyn sodra hy herstel het.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Enige persoon met inligting word versoek om die stasiebevelvoerder, Luitenant Kolonel Patrick Moyo te kontak by: 082 495 5251.

Ramatseba het verder gesê dat die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (IPID) is in kennis gestel oor die skietvoorval om hul eie ondersoek te loots.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *