Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

OPVOLG: Nòg drie verdagtes vas vir gewapende roof op Port Nolloth
Illustarsie foto: David von Diemar on Unsplash

Die polisie op Port Nolloth het nog drie verdagtes in hegtenis geneem in verband met die gewapende rooftog voorval gister op die dorp.

Die arrestasies is egter gemaak nadat die mans ‘n supermark op Port Nolloth wou roof waar hulle ‘n werknemer glo met ‘n mes gedreig het om ‘n kluis oop te maak.

“Die kluis kon nie onmiddellik oopmaak nie en die polisie het ‘n waarskuwing ontvang van die rooftog wat besig was om plaas te vind,” het ‘n polisie-woordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba gesê.

Ramatseba het gesê een van die verdagtes is in die arm geskiet toe hy ‘n polisiebeampte met ‘n mes wou aanval.

Die verdagte was in die Dr. Izak van Niekerk hospitaal opgeneem, maar Ramatseba het in ‘n opvolg verklaring gesê dat die beseerde verdagte tans onder polisiebewaking is in ‘n hospitaal in Bloemfontein.

Die ander drie manlike verdagtes van 21- 22- en 49-jaar oud sal na verwagting môre, 11 Desember voor die Springbok-landdroshof verskyn.

Ramatseba het gesê die verdagte wat tans in die hospitaal is, sal in die hof verskyn sodra hy herstel het.

Die provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, Luitenant-Generaal Risimati Peter Shivuri het lede toegejuig vir die vinnige inhegtenisneming van die gewapende rowers.

Shivuri het daarop gewys dat daar gedurende die feestyd geen ruimte vir misdadigers sal wees nie.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *